top of page
  • Facebook
  • Instagram

Wesbank Motor Spares vier 35 jaar van diens

24/10/10

By:

Verslagspan

Wesbank Motor Spares op Malmesbury vier vanjaar hul 35ste bestaansjaar.

Wesbank Motor Spares op Malmesbury vier vanjaar hul 35ste bestaansjaar. 

Die besigheid, wat in 1989 deur Gammie Snr oorgeneem is, het oor die jare gegroei van 'n klein onderneming tot 'n gevestigde naam in die motoronderdelebedryf.

Aanvanklik het Gammie Snr steeds sy voltydse werk behou, terwyl sy vrou Mienie en kinders, Naz en Armien, die besigheid daagliks bestuur het. 

'n Paar jaar later het Gammie Snr voltyds by die besigheid aangesluit. 

Ongelukkig het beide Gammie Snr en Armien kort na mekaar oorlede, maar die besigheid word vandag suksesvol bestuur deur Nazier en Naz. 

Ghakeem, die egpaar se ander seun, was ook vir 18 jaar by die onderneming betrokke, maar bedryf nou 'n suksesvolle onderneming in Kaapstad.

Wesbank Motor Spares bied 'n wye verskeidenheid nuwe motoronderdele aan, insluitend enjin- en suspensieonderdele, bakwerkonderdele, motorvensters, batterye en diensonderdele. Hulle bedien kliënte van regoor die provinsie, insluitend die Noord-Kaap en Namibië, met daaglikse aflewerings deur koeriers.

Die besigheid se sukses kan toegeskryf word aan hul goeie pryse, kwaliteit produkte, eerlikheid, stiptelikheid en die ondersteuning 'van die Almagtige Heer' en hul 'lojale kliëntebasis'.

“Om 35 jaar in besigheid te kan vier, ongeag al die struikelblokke in die verlede, is 'n groot prestasie,” sê Nazier. 

“Ons hoop om nog 35 jaar voort te gaan en verder uit te brei.”

Wesbank Motor Spares se besigheidsure is soos volg:

Maandae tot Donderdae: 08h00 tot 18h00

Vrydae: 08h00 tot 12h30 en 14h00 tot 18h00

Saterdae: 08h00 tot 14h30

Sondae: 09h00 tot 13h00

Vakansiedae: 08h00 tot 13h00

Vir meer inligting, kontak hulle by 022 486 4346.

Laastens wil Wesbank Motor Spares hul dank uitspreek aan die "Almagtige Heer" en al hul lojale kliënte vir hul ondersteuning oor die jare.

Latest News

24/11/19

Keep an eye on your health during the summer

With summer here, sunshine and outdoor activities bring new challenges to eye health.

24/11/19

MRB Sakekamer wen groot

Lede van die Moorreesburg Sakekamer het op 7 en 8 November deelgeneem aan die jaarlikse AHI-gala-aand en kongres in Oudtshoorn, waar hulle harde werk en toewyding aan die plaaslike ekonomie met 'n gesogte toekenning beloon is.

24/11/19

Malmesbury Tennis presteer in liga

Malmesbury Tennisklub het die afgelope naweek die Suid-Boland Tennis Liga se prysuitdeling-funksie bygewoon en hul indrukwekkende prestasies in die 5de liga gevier.

bottom of page