top of page

Uit die pen van die ontwikkelaar... Word deel van die Mount Royal-familie

24/08/12

By:

Verslagspan

Op die eiland van Montreal in die suidweste van Quebec, Kanada, is daar 'n kort berg met 'n wye basis wat 'n area van ongeveer tien vierkante kilometer dek.

PROMOSIE: Op die eiland van Montreal in die suidweste van Quebec, Kanada, is daar 'n kort berg met 'n wye basis wat 'n area van ongeveer tien vierkante kilometer dek. 

Die naam van die berg is Mount Royal, omdat dit bo die omgewing se landskap uitstaan.

Mount Royal, die gholf- en leefstyl-landgoed in die hart van die Swartland wat in 2005 deur Gerry Rehrl gevestig is, staan net soos die kort berg in Montreal, kop en skouers uit bo die heuwels van Malmesbury en word beskou as die juweel van die Swartland.

Geleë langs die N7-hoofpad, staan Mount Royal uit bo die res van die woonbuurte in die area met panoramiese uitsigte van Tafelberg, die omliggende koring- en kanola-lande en die natuurskoon van die renosterveld.  

Malmesbury met sy plattelandse leefstyl, is sentraal geleë aan die sentrale kern, suidelike en noordelike voorstede van Kaapstad, die Weskus en die Kaapse wynlande. 

Dié landgoed is 'n droom-bestemming vir enige persoon wat vrede vind in die buitelewe. 

Mount Royal spog nie net met haar hoë gehalte sekuriteit en moderne infrastruktuur nie, maar ook met interne leefstylaktiwiteite soos 'n bergfietsroete, buitelug hardloop-roete, die besigting van inheemse voëlspesies in die landgoed se renosterveld-natuurreservaat, sowel as vele oop spasies vir families om die natuurskoon van Mount Royal te geniet.


Die ontwikkeling van Mount Royal vind plaas in verskeie fases: 

•Alle grootmaat dienste en infrastruktuur van die landgoed is reeds gevestig en voltooi.

•Fase 1, wat bestaan uit 303 voltitel eiendomme is reeds uitverkoop en bestaan uit meer as 250 gelukkige families wat reeds daar woon. 

•Fase 2, is 'n totaal van 203 voltitel eiendomme en die ontwikkelaar bied nou enkelresidensiële en kleiner groepsbehuising erwe aan. Die eerste 39 eiendomme is byna uitverkoop en die konstruksie van nuwe huise is in volle swang. Die ontwikkelaar het ook so pas 'n verdere 34 voltitel residensiële erwe beskikbaar gestel en oordrag na die nuwe eienaars begin teen die einde van Augustus 2024.


Huise in fase 2B word volgens die Swartland Vernecular-styl gebou, soos in die meegaande illustrasie van 'n huis in aanbou. 

Die ontwikkeling van verdere fases sal in 2025 aanvang neem.

Die ontwikkeling van 'n splinternuwe 18-putjie gholfbaan is tans aan die gang en spelers sal die eerste balle op die nuwe 9-putjie baan vroeg 2025 kan slaan. 

Daarna sal die huidige 9-putjie baan wat deur die Malmesbury Golfklub bestuur word, herontwikkel word om deel te word van die nuwe baan. 

'n Nuwe 18-putjie-baan kan nie sonder 'n moderne klubhuis en fasiliteite bedryf word nie en die opgradering van die bestaande fasiliteite begin in die komende maande.  

Met uitdagende politieke situasies, sukkelende munisipaliteite en stygende misdaad, is die uitdagings van Suid-Afrikaners wat buite die Wes-Kaap woon geen geheim nie. 

Maar vir diegene wat Malmesbury hul tuiste noem, kan daar met trots gespog word met 'n dorp wat regeer word deur die nommer 1 munisipaliteit in Suid-Afrika, volgens Good Governance SA. 

Malmesbury is so sentraal geleë dat dit nie veel moeite is om vir die persoon wat in stad werk om te pendel nie. 

Die dorp is naby genoeg aan die wynlande van die Boland of die kusdorpies van die Weskus om 'n dagreis vir jou en familie te beplan en nog betyds te wees om 'n vuurtjie aan te steek vir 'n gesellige braai.   

Eiendomme verkoop vinnig en beperkte ruimtes is beskikbaar. 

Dus, om teleurstelling te voorkom, maak vandag 'n afspraak met die ontwikkelaar se agente of besoek ons verkoopskantoor om 'n besigtiging van Mount Royal te skeduleer. 

Kontak gerus vir:

Stewart Halverson: 083 459 3219

Lidia Dittberner: 082 558 5168

Die verkoopskantoor is oop tydens die volgende ure: 

Maandae tot Vrydae 09:00 - 17:00

Saterdae en Sondae: 10:00 - 16:00 


Latest News

24/10/10

Why investing in solar and gas might be for you...

South Africans have been feeling the pinch as electricity prices continue to soar.

24/10/10

Hats off to the class of 2023

West Coast College hosted it’s in person Annual Graduation Ceremony for the class of 2023 16 and 17th September at the Malmesbury Town Hall for a total of 701 students graduating in four (4) sessions.

24/10/10

Tiere klop Rockies

Die tennisspan van die Hoërskool Dirkie Uys op Moorreesburg het Maandag kragte gemeet teen die span van Hoërskool Swartland van Malmesbury.

bottom of page