Crestcare Malmesbury open binnekort
24/06/12
By:
Izelle Fouche
Die Swartland se eerste privaathospitaal, Crestcare Malmesbury, se deure open eersdaags.

Die Swartland se eerste privaathospitaal, Crestcare Malmesbury, se deure open eersdaags. Die hospitaalbestuurder, Charl Hambridge, het verlede week by 'n openingsdag van De Zwartland Manor van die Devmark-groep, 'n oorsig oor die hospitaal se vordering en dienste gegee. Volgens Hambridge sal die hospitaal op 1 Augustus amptelik sy deure open. In sy toespraak het Hambridge genoem dat die hospitaalgroep plaaslike kenners en medici betrek by die hospitale wat hulle besit en bestuur. Volgens hom sal byvoorbeeld geen nuwe fisioterapeute aangestel word nie, maar dat hulle plaaslike fisioterapeute en arbeidstarapeute sal gebruik. Die hospitaal sal oor algemene chirurge, narkotiseurs, ortopediese chirurge, uroloë en 'n neurochirurg beskik. Raadsheer Harold Cleophas (uitvoerende burgemeester van Swartland Munisipaliteit), Francois le Roux (Devmark), Joggie Scholtz (munisipale bestuurder Swartland Munisipaliteit), Anton Bredell (Minister van Plaslike Regering en Omgewingsake), Charl Hambridge (hospitaal hoof uitvoerende beampte Crestcare Malmesbury) en Juanita Blaauw (The ONE Team Property SA).
Latest News