top of page
  • Facebook
  • Instagram

Viola Loodgieters vier 10 jaar van uitnemendheid

24/09/18

By:

Verslagspan

In September 2014 het Albie Viola, na die voltooiing van sy vier jaar lange vakleerlingskap by Swartland Munisipaliteit, besluit om sy eie besigheid te begin.

In September 2014 het Albie Viola, na die voltooiing van sy vier jaar lange vakleerlingskap by Swartland Munisipaliteit, besluit om sy eie besigheid te begin. 

So is Viola Loodgieters (Pty) Ltd gestig, 'n onderneming wat sedertdien gegroei het tot 'n pilaar van betroubaarheid en kwaliteit in die loodgietersbedryf.

Dit was nie altyd maanskyn en rose nie en Albie het vanaf 'n klein Fiat Uno gegroei tot die vloot wat hy vandag met trots besit.

"Net na ek by die munisipaliteit my vakleerlingskap voltooi het, het iemand in my bakkie vasgery. Natuurlik was dit derdeparty-eise gewees en ek het beslis nie die geld gehad om die bakkie te laat regmaak nie. My pa het sy klein Uno'tjie vir my geleen en daarmee het ek my besigheid begin. Ek het by kliënte gestop, my gereedskap agteruit die klein motortjie gelaai en my werk gaan doen. Ja, mense het lekker vir my gelag oor die loodgieter met die Uno, maar ek het aangehou. Na 'n lang gesukkel is my bakkie herstel en het dit darem makliker gegaan."

Viola Loodgieters spesialiseer in 'n wye reeks dienste, insluitend konstruksie, stormwaterpype, warmwatersilinders, solar- en hittepompe, dreine en rioolstelsels, opknappings en restourasies, algemene loodgietersdienste, asook lekkasies en ander herstelwerk. 

Kwaliteit en kliëntetevredenheid is die hoekstene van hul besigheid en hulle streef daarna om elke projek met die hoogste vlak van professionaliteit en sorg af te handel.

Die afgelope dekade het Viola Loodgieters nie net gegroei in omvang nie, maar ook in reputasie. 

Een van hul merkwaardige projekte was by PepsiCo (Sasko Pasta), waar hulle die fabriek se waterlyne vervang het om boorgatwater te gebruik wat deur 'n omgekeerde osmose (RO) plant gesuiwer word. 

Hierdie projek is 'n bewys van hul vermoë om komplekse uitdagings aan te pak en suksesvol te voltooi.

Albie Viola se pad na sukses is gebou op 'n stewige grondslag van opleiding en ervaring. 

Hy het sy studies aan die College of Cape Town voltooi en sy vakleerlingskap by Jan Kamfer Loodgieters begin, wat hy in 2013 by Swartland Munisipaliteit voltooi het. 

Hy het sy kwalifikasie as loodgieter aan die einde van 2013 by Northlink College behaal en daarna sy solar- en hittepompkursus by Watersmith Training voltooi.

Met die oog op die toekoms, het Viola Loodgieters groot planne. 

Hulle streef na deurlopende groei, 'n toename in hul kliëntebasis en die uitbreiding van hul vloot om meer diensbaar te wees. 

Albie Viola hou vas aan die wysheid van sy oupa: “My Oupa het altyd gesê dat elke opdraend het 'n afdraend. Dit bou karakter en hou ons nederig.” 

Hierdie lewensles het hom gehelp om deur uitdagings te navigeer en sy besigheid te laat floreer.

“Die lekkerste deel van ons werk is om iets wat stukkend was reg te maak en die kliënt se tevredenheid te ervaar,” sê Albie. 

Hierdie toewyding aan kliëntetevredenheid en kwaliteit is wat Viola Loodgieters onderskei en hulle 'n voorkeurkeuse maak vir loodgietersdienste in die gemeenskap.

Viola Loodgieters se 10 jaar van uitnemendheid is 'n viering van harde werk, toewyding en die voortdurende strewe na verbetering. 

Hulle sien uit na nog vele jare van diens aan die gemeenskap en die voortsetting van hul nalatenskap van kwaliteit en betroubaarheid.

Latest News

24/11/19

Keep an eye on your health during the summer

With summer here, sunshine and outdoor activities bring new challenges to eye health.

24/11/19

MRB Sakekamer wen groot

Lede van die Moorreesburg Sakekamer het op 7 en 8 November deelgeneem aan die jaarlikse AHI-gala-aand en kongres in Oudtshoorn, waar hulle harde werk en toewyding aan die plaaslike ekonomie met 'n gesogte toekenning beloon is.

24/11/19

Malmesbury Tennis presteer in liga

Malmesbury Tennisklub het die afgelope naweek die Suid-Boland Tennis Liga se prysuitdeling-funksie bygewoon en hul indrukwekkende prestasies in die 5de liga gevier.

bottom of page