top of page

Plaaslik jong rugbytalent streef na groot drome

24/08/14

By:

Verslagspan

Rickhano Stuurman, 'n 17-jarige graad 11-leerling aan Schoonspruit Sekondêr op Malmesbury, is 'n jong rugbytalent wat groot drome koester.

Rickhano Stuurman, 'n 17-jarige graad 11-leerling aan Schoonspruit Sekondêr op Malmesbury, is 'n jong rugbytalent wat groot drome koester. 

Hy dra steeds sy ouma se van en het sy liefde vir rugby ontdek toe hy sy pa, 'n speler by die Wesbank Rugbyklub, op die ouderdom van tien jaar sien speel het. Sy pa is sy held, maar sy rolmodel is die Springbok-speler Cheslin Kolbe.

Rickhano het op 11-jarige ouderdom begin rugby speel by Welgemeend Primêr se o.12-span. Hy het groot planne vir sy toekoms en wil graag na skool studeer om 'n geoktrooieerde rekenmeester te word, die hoogste professionele rekeningkundige kwalifikasie in Suid-Afrika. 

Sy droom is om professioneel rugby te speel en eendag in die Stormers se kleure te speel.

Sy talent is opgemerk tydens die Tony Stoops-toernooi, nou bekend as die Patriot Sporttoernooi, wat gedurende die Paasnaweek vanjaar plaasgevind het. 

Uit 32 skole is 45 spelers gekies en Rickhano se talent het hom 'n plek in die groep besorg. Hulle is tans 40 spelers sterk en vertrek op 21 September na Ierland vir 'n skoolvakansie waar hulle drie wedstryde sal speel.

Rickhano se toewyding en passie vir rugby, tesame met sy akademiese ambisies, maak hom 'n inspirasie vir jongmense regoor die land.

Latest News

24/11/19

Keep an eye on your health during the summer

With summer here, sunshine and outdoor activities bring new challenges to eye health.

24/11/19

MRB Sakekamer wen groot

Lede van die Moorreesburg Sakekamer het op 7 en 8 November deelgeneem aan die jaarlikse AHI-gala-aand en kongres in Oudtshoorn, waar hulle harde werk en toewyding aan die plaaslike ekonomie met 'n gesogte toekenning beloon is.

24/11/19

Malmesbury Tennis presteer in liga

Malmesbury Tennisklub het die afgelope naweek die Suid-Boland Tennis Liga se prysuitdeling-funksie bygewoon en hul indrukwekkende prestasies in die 5de liga gevier.

bottom of page