top of page
  • Facebook
  • Instagram

Muurskildery vir sentrum

24/08/12

By:

Verslagspan

In 'n samewerkingsooreenkoms het De Zwartland Markt-winkelsentrum en Schoonspruit Sekondêr op Malmesbury saamgespan om 'n muurskildery te skep in die gang tussen die Volpes en Woolworths Edit-winkels van die sentrum op Malmesbury.

In 'n samewerkingsooreenkoms het De Zwartland Markt-winkelsentrum en Schoonspruit Sekondêr op Malmesbury saamgespan om 'n muurskildery te skep in die gang tussen die Volpes en Woolworths Edit-winkels van die sentrum op Malmesbury. Die muurskildery, ontwerp deur Me. Arendse van Schoonspruit Sekondêr en geverf deur die skool se kunsstudente, vang dit die essensie van elke dorp in die Swartland-distrik vas. Die muurskildery dien as 'n visuele verteenwoordiging van eenheid en gemeenskapsgees. Van links na regs: Wikus Snygans van Strive Property Specialists, Liné Knoetze van Dorpstraat (batesbestuurders en mede-eienaars), Celeste Arendse van Schoonspruit Sekondêr, Johan Mouton, sentrumbestuurder van De Zwartland Markt, Bongeka Soni Graad 10 van Schoonspruit Sekondêr, Kaylee Swartz Graad 12 van Schoonspruit Sekondêr, Anel Bower Graad 11 van Swartland Hoërskool.


Latest News

24/11/19

Keep an eye on your health during the summer

With summer here, sunshine and outdoor activities bring new challenges to eye health.

24/11/19

MRB Sakekamer wen groot

Lede van die Moorreesburg Sakekamer het op 7 en 8 November deelgeneem aan die jaarlikse AHI-gala-aand en kongres in Oudtshoorn, waar hulle harde werk en toewyding aan die plaaslike ekonomie met 'n gesogte toekenning beloon is.

24/11/19

Malmesbury Tennis presteer in liga

Malmesbury Tennisklub het die afgelope naweek die Suid-Boland Tennis Liga se prysuitdeling-funksie bygewoon en hul indrukwekkende prestasies in die 5de liga gevier.

bottom of page